top of page
Search
  • Writer's pictureJun Tan

Die Perfekte Omelet


Ek gaan vir julle vandag wys hoe om ‘n perfekte omelet te maak. Ons nodig net ‘n paar bestanddele: twee eiers, sout, peper en ‘n bietjie botter en olie.


Stap 1: Breek die eiers in ‘n bak. Ek het drie van die grootstes gekies.


Stap 2: Gooi ‘n knippie sout en peper oor die eiers. Dit sal die omelet lekker geurig maak.


Stap 3: Meng nou die eiers! Die geheim is om hulle ‘n goeie klits te gee. Doen dit vir ‘n paar minute lank.


Stap 4: Sit ‘n bietjie botter in ‘n pan en plaas dit op ‘n warm plaat tot dit smelt.


Stap 5: Voeg nou ook die olie by die gesmelte botter in die pan. Laat dit vir ongeveer drie minute kook.


Stap 6: Voeg nou die eiers by die botter en olie in die pan.


Stap 7: Amper klaar – ons wag vir drie minute vir die omelet om te kook.


Stap 8: Ek hou van my omelet met ‘n bietjie meer geur, so ek gooi ‘n bietjie meer sout en peper op.


Stap 9: Jy kan enige iets op jou omelet gooi, maar ek hou baie van vleis. So ek sit ‘n bietjie salami op.


Stap 10: Vou die omelet in derdes, soos hierdie. Nou is jy klaar! Geniet die perfekte omelet!


2 views0 comments

Recent Posts

See All

Comments


Post: Blog2_Post
bottom of page